Genoeg vir 3-4 mense
Bereiding: 7 minute
Gaarmaaktyd: 5-7 minute
500 g gekoopte gnocchi
60 ml (¼ k) pesto van songedroogde tamatie
100 g kersietamaties
olyfolie
knippies sout, peper en suiker
12 swartolywe
60 ml (¼ k) kappertjiesaad
bronkors en geskeurde
basielblare
60 ml (¼ k) gekoopte sademengsel (opsioneel)
parmesaanskaafsels
- Kook die gnocchi volgens die aanwysings op die pak en dreineer goed.
- Roer die tamatiepesto deur die gnocchi.
- Braai die tamatie in ’n bietjie olie tot dit net oopbars. Geur met die sout en peper en ’n knippie suiker.
- Meng saam met die olywe en kappertjiesaad by die gnocchi in.
- Plaas die blare in ’n slaaibak, skep die warm gnocchimengsel daarop, sprinkel die sade oor indien gebruik en rond af
- met kaasskaafsels.