Quantcast
Channel: Slaaie – Huisgenoot
Viewing all 67 articles
Browse latest View live

Koeskoes-kruieslaai

$
0
0

Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 15 min.
Gaarmaaktyd: 10 min.

Slaai
125 ml (½ k) koeskoes
3 stingeluie, gekap
hand vol mentblare, gekap
hand vol vars pietersielie, gekap
100 g kersietamaties, deurgesny
Slaaisous
1 knoffelhuisie, fyn gedruk
45 ml (3 e) olyfolie
skil van 1 suurlemoen en 30 ml (2 e) van die sap
sout en pas gemaalde swartpeper

  1. Slaai Berei die koeskoes volgens die aanwysings op die pakkie Vlok met ’n vurk.
  2. Meng die stingeluie, ment, pietersielie en kersietamaties deur.
  3. Slaaisous Meng die knoffel, olie en suurlemoensap en -skil en meng deur die slaai.
  4. Geur met die sout en peper.

WENK: Meng pesto pleks van die slaaisous deur die koeskoes.


Geroosterde blomkool-en-kekerertjieslaai

$
0
0

Vegetariërs behoort hierdie slaai te geniet. Dit het ’n lekker skop van brandrissie vir ’n bietjie opwinding.  

Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 15 min.
Gaarmaak: 15 min.

1 kop blomkool
30 ml (1 e) olyfolie
sout en vars gemaalde peper
5 ml (1 t) brandrissievlokkies
2 wiele fetakaas
120 g slaaiblare
KEKER-ERTJIES
15 ml (1 e) olyfolie
15 ml (1 e) botter
2 knoffelhuisies, fyngedruk
410 g-blik kekerertjies, gedreineer
2 ml (½ t) fyn komyn
SLAAISOUS
2 knoffelhuisies, fyngedruk
45 ml (3 e) gekapte vars koljander
60 ml (¼ k) olyfolie
30 ml (2 e) suurlemoensap
5 ml (1 t) strooisuiker

Voorverhit die oond tot 200 °C.

  1. Sny die blomkool in skywe (“steaks”) en pak op ’n bakplaat. Sprinkel die olie oor en smeer oor die blomkool. Geur met sout, peper en rissievlokkies.
  2. Krummel die helfte van die feta oor en rooster 10 min. tot die blomkool effens begin skroei.
  3. KEKER-ERTJIES: Verhit die olie en botter in ’n pan en braai die knoffel tot geurig. Voeg die keker-ertjies by en roerbraai ’n paar minute. Geur met komyn, sout en peper. Roerbraai tot goudbruin en hou eenkant.
  4. Meng die slaaiblare, orige feta, kekerertjies en blomkool liggies saam.
  5. SLAAISOUS: Klits al die bestanddele goed saam en giet oor die slaai. Sit dadelik voor.

Deur Hope Malau
Foto: Misha Jordaan

 

Bulgurslaai met rolletjies

$
0
0

Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 20 min.
Rys: 30 min.
Gaarmaak: 25-30 min.

BROODROLLETJIES
60 ml (¼ k) dukkah
500 g winkelbrooddeeg
1 eier, geklits
SLAAI
500 ml (2 k) bulgur, gaar
10 g koljander, gekap
10 g ment, gekap
60 g gemengde slaaiblare, kleiner geskeur
2 soetrissies, ontpit en in blokkies gesny
1 komkommer, in blokkies gesny
1 tamatie, in blokkies gesny
4 sprietuie, gekap
2 wiele fetakaas, in blokkies gesny
sout en peper
SLAAISOUS
1 brandrissie, gekap
2 knoffelhuisies, fyngedruk
45 ml (3 e) olyfolie
30 ml (2 e) suurlemoensap

Voorverhit die oond tot 180 °C. Spuit ’n bakplaat met kossproei.

  1. Broodrolletjies Knie die helfte van die dukkah by die deeg in. Verdeel in 4, vorm broodjies en pak op die bakplaat. Laat rys tot dubbel so groot. Maak kepies in elke rolletjie en verf met die eier. Sprinkel die res van die dukkah oor. Bak 25-30 min.
  2. Slaai Meng alles.
  3. Slaaisous Klits alles saam en giet oor die slaai.

Vrugtige noedel-worsslaai

$
0
0

GENOEG VIR 4 MENSE
Bereiding: 15 min.
Gaarmaaktyd: 10-12 min.

500 g skulpienoedels
30 ml (2 e) olie
250 g Frankfurters
125 ml (½ k) mayonnaise
5 ml (1 t) geroosterde kerriepoeier
3 ml (ruim ½t) mosterdpoeier
125 ml (½ k) appelkoosjogurt
1 blik (410 g) ingemaakte perskes of appelkosies, in skywe gesny
100 g peperfetakaas
of peperroomkaasrol, in skywe gesny
groot hand vol sultanas, rosyne of bosbessies
groot hand vol gekapte pekanneute,
okkerneute of gemengde sade
groot hand vol koljanderblare, gekap

  1. Kook die noedels in soutwater. Dreineer, roer die olie deur en laatafkoel.
  2. Sny die Frankfurters in skywe. Voeg by die gaar noedels.
  3. Meng die mayonnaise, kerriepoeier, mosterdpoeier en appelkoosjogurt.
  4. Voeg die vrugte by en meng deur. Giet by die noedelmengsel en meng liggies deur.
  5. Skep in ’n bak. Sprinkel die kaas, sultanas, rosyne of bosbessies, neute of sade en koljanderblare oor.
  6. Verkoel tot opdiening.

Snoek-en-ertjiepastaslaai

$
0
0

GENOEG VIR 4 MENSE
Bereiding: 20 min.
Gaarmaak: 30 min.

1 lig gerookte snoek, oopgevlek
sout en vars gemaalde peper
15 ml (1 e) olyfolie
250 g pasta, gekook
tot gaar en gedreineer
250 ml (1 k) ertjies, geblansjeer
100 g babaspinasieblare
VINAIGRETTE
1 knoffelhuisie, fyngedruk
45 ml (3 e) suurlemoensap
10 ml (2 t) Dijonmosterd
60 ml (¼ k) olyfolie

Voorverhit die oond tot 230 °C. Voer ’n groot bakplaat met tinfoelie uit en bespuit met kossproei.

  1. Plaas die snoek met die velkant na onder op die bereide bakplaat. Geur met die sout en vars gemaalde peper en sprinkel die olie oor.
  2. Bak 15 min. tot gaar.
  3. Laat die vis ’n bietjie afkoel, verwyder die grate en vlok rofweg.
  4. Meng die snoek, pasta, ertjies en spinasieblare in ’n mengbak.
  5. Vinaigrette Klits alles saam en geur met sout en vars gemaalde peper.
  6. Giet oor die slaai en meng deur. Sit voor saam met vars gerasperde suurlemoenskil.

Rissie-en-botterskorsieslaai

$
0
0

Genoeg vir 4 mense
bereiding: 15 min.
Gaarmaaktyd: 25-30 min.

500 g botterskorsie, geskil en in blokkies gesny
125 ml (½ k) soet brandrissiesous
60 ml (¼ k) pampoenpitte
250 g spekstukkies, bros gebraai (opsioneel)
6 stingeluie, in skyfies gesny
2 wiele fetakaas, in blokkies gesny

Voorverhit die oond tot 180 °C

Versprei die botterskorsie op ’n bakplaat. Meng die soet brandrissiesous goed deur en rooster 25-30 minute of tot die botterskorsie sag en gaar is. Laatafkoel
Verhit ’n pan en rooster die pampoenpitte effens. Skep die botterskorsie in ’n slaaibak en sprinkel die pampoenpitte, spek indien verkies, stingeluie en fetakaas oor.

Hoenderbroodjie met harissa-slaai

$
0
0

Hierdie maklike oop hoenderbroodjie met harissa-slaai is nie net heerlik nie; dis ook vinnig om te berei.

Genoeg vir 4
Bereiding: 5 min.
Gaarmaak: 20 min.

4 hoenderborsies
500 ml (2 k) hoenderaftreksel
skil van 2 suurlemoene
’n hand vol tiemie
2 hande vol gemengde slaaiblare
4 snye volgraanbrood, gerooster
’n hand vol kersietamaties, gehalveer
Slaaisous
harissapasta
’n hand vol pietersielie, fyn gekap
sap van 1 suurlemoen
3 knoffelhuisies
250 ml (1 k) gewone jogurt
2 knoffelhuisies, fyngedruk

  1. Voeg die hoender, aftreksel, suurlemoenskil en tiemie in ’n kastrol, bedek met ’n deksel en bring tot kookpunt oor matige hitte.
  2. Laat dit 20 min. liggies prut of tot die hoender deurgaar is, maar sag en sappig. Plaas van die blaarslaai op ’n sny volgraanbrood.
  3. Versnipper ’n porsie van die hoender. Meng die sousbestanddele en gooi mildelik oor. Sit van die tamatie bo-op en sit voor.

Deur Hope Malau
Foto: Misha Jordaan

 

Botterskorsie-en-lensieslaai

$
0
0

GENOEG VIR 4 MENSE
Bereiding: 10 min.
Gaarmaak: 25-30 min.

1 groot botterskorsie
30 ml (2 e) olyfolie
sout en vars gemaalde swartpeper
SLAAISOUS
45 ml (3 e) olyfolie
30 ml (2 e) suurlemoensap
2 ml (½ t) fyn komyn
SLAAI
500 ml (2 k) gaar bruinlensies
1 rooi-ui, in blokkies gesny
2 wiele fetakaas, grof gekrummel
150 g babaspinasie

Voorverhit die oond tot 180 °C. Spuit ’n bakplaat met kossproei.

  • Sny die botterskorsie in lang repe (hou die skil aan en die pitte in).
  • Versprei op ’n bakplaat en giet die olyfolie oor.
  • Geur met die sout en peper en meng goed deur.
  • Rooster 25-30 min. of tot die botterskorsie gaar en om die kante effens geskroei is.
  • Slaaisous Meng die olyfolie, suurlemoensap en fyn komyn goed.
  • Slaai Meng die bruinlensies, rooi-ui, fetakaas, babaspinasie en botterskorsie goed.
  • Giet die slaaisous oor en meng goed deur. Geur met die sout en peper en sit voor.

Warm botterskorsie-en-lensieslaai

$
0
0

Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 15 minute
Gaarmaaktyd: 30-40 minute

500 g botterskorsie, geskil en in blokkies gesny
sout en vars gemaalde peper
1 stuk heel kaneel
60 ml (¼ k) olyfolie
250 g droë lensies, gekook (of ’n blik lensies)
1 ui, grof gekap
1 knoffelhuisie, fyn gekap
2 selderystingels, in skywe gesny
sap en skil van een klein suurlemoen
60 ml (¼ k) Italiaanse pietersielie, fyn gekap
15 ml (1 e) kruisementblare, fyn gekap
100 g fetakaas, in blokkies gesny

Voorverhit die oond tot 200 °C en smeer ’n groot oondbak met olie of spuit met kossproei.

  1. Plaas die botterskorsie in die bak. Geur met die sout en peper en heel kaneel. Bedruip met die helfte van die olyfolie. Bak 20 minute of tot gaar en goudbruin. Hou eenkant.
  2. Dreineer die lensies, spoel dit af en hou dit eenkant. Verhit die res van die olyfolie en braai die ui, knoffel en seldery in ’n pan. Geur met die suurlemoensap en -skil en roer die uiemengsel by die lensies, gevolg deur die pietersielie en kruisementblare.
  3. Roer die gaar botterskorsieblokkies versigtig by en skep die slaai op ’n opdienbord.
  4. Sprinkel die fetakaas oor en sit met ’n blareslaai voor.

Spek-en-rysslaai

$
0
0

Genoeg vir 6 mense
Bereiding: 10 min.
Gaarmaaktyd: 10-15 min.

Slaaisous
125 ml (½ k) natuurlike jogurt
125 ml (½ k) mayonnaise
45 ml (3 e) basiliepesto
sout en pas gemaalde swartpeper (opsioneel)
Slaai
250 g repiespek
500 ml (2 k) gaar bruinrys
1 rooi soetrissie, in blokkies gesny
1 groen soetrissie, in blokkies gesny
1 rooiui, gekap

Voorverhit die oond tot 230 °C

  1. Slaaisous Meng die jogurt en mayonnaise en streep die pesto deur. Geur met die sout en peper indien verkies
  2. Slaai Pak ’n enkellaag spek op ’n bakplaat en rooster 10-15 minute in die oond of tot bros.
  3. Breek die spek in stukkies
  4. Meng die rys, soetrissies, ui en spek. Giet die slaaisous oor en meng liggies.

Aartappelsnoekslaai

$
0
0

’n Smaaklike manier om aartappels en vis te geniet.

Genoeg vir 4-6 mense
Bereiding: 10 min.
Afkoel: 30 min.
Gaarmaak: 40 min.
 
1 kg liggies gerookte snoek
10 ml (2 t) rissievlokkies
Marinade
2 suurlemoene, geskil
80 ml (⅓ k) suurlemoensap
’n hand vol pietersielie
3 takkies dille
80 ml (⅓ k) heuning
60 ml (¼ k) witwynasyn
sout en peper
AARTAPPELSLAAI
500 g baba-aartappels, gehalveer
2 rooi-uie, in wiggies gesny
15 ml (1 e) heuning
60 ml (¼ k) olyfolie
sout en peper
4 takkies tiemie

Voorverhit die oond tot 180 ˚C.

  1. Marinade Plaas al die bestanddele in ’n menger en meng goed. Skink die helfte van die marinade oor die vis, bedek en verkoel 30 min.
  2. Rangskik die vis in ’n oondpan, bestrooi met die rissievlokkies en bedek met foelie of ’n deksel. Bak 10 min. of tot gaar.
  3. Aartappelslaai Plaas die aartappels en rooi-uie op ’n bakplaat en bedek met die heuning en die olyfolie. Geur met die sout en peper en strooi die tiemie bo-oor. Bak 30 min. of tot goudbruin.
  4. Sit die warm aartappels saam met die vis voor en bedruip met die oorblywende marinade.

Deur Hope Malau
Foto: David Briers

 

Lamsosaties met koeskoes

$
0
0

Dié sosaties is lekker vir ’n partytjie of braai.

Genoeg vir 6 mense
Bereiding: 15 min.
Rus: 30 min.
Gaarmaak: 15 min.

1 kg lamsvleis, in blokkies gesny
2 uie, in kwarte gesny
2 rooi soetrissies, in blokkies gesny
Invryfmengsel
15 ml (1 e) gerookte paprika
2 naeltjies
2,5 ml (½ t) komynsade
10 ml (2 t) koljandersade
sout en peper na smaak
10 ml (2 t) olyfolie
Koeskoesslaai
250 ml (1 k) koeskoes
3 stingeluie, grof gekap
1 rooi soetrissie, in blokkies gesny
1 rooi ui, fyn gekap
hand vol swart olywe, gekap
30 ml (2 e) suurlemoensap
15 ml (1 e) olyfolie
5 ml (1 t) heuning
sout en peper na smaak

  1. Invryfmengsel: Plaas al die speserye in ’n stamper en vysel fyn. Meng dit met die olie tot ’n dik pasta. Vryf die vleis daarmee in en laat rus 30 min.
  2. Ryg die vleis, ui en soetrissie aan geweekte sosatiestokkies.
  3. Braai die sosaties in ’n riffelpan oor hoë hitte alkant 5 min. of tot die vleis sag en gaar is. Draai gereeld.
  4. Plaas op ’n bord om ’n paar minute te rus voor jy dit voorsit.
  5. Slaai: Berei die koeskoes volgens die aanwysings op die verpakking. Plaas al die bestanddele vir die slaai in ’n bak, meng goed deur en sit voor saam met die sosaties.

Deur Hope Malau
Foto: David Briers

 

Droëvrugte-pastaslaai

$
0
0

Genoeg vir 6-8 mense
Bereiding: 15 min.
Gaarmaaktyd: 25-30 min.

Slaai
500 g skulpiepasta
60 ml (¼ k) sultanas
25 g gedroogde mangoskyfies, gekap
25 g droëpere, gekap
25 g droëperskes, gekap
1 rooiui, gekap
1 rooi soetrissie, in blokkies gesny
Mosterdsous
125 ml (½ k) koue water
60 ml (¼ k) suiker
1 eier
30 ml (2 e) druiweasyn
5 ml (1 t) matige mosterdpoeier
250 ml (1 k) Griekse jogurt

  1. Slaai Kook die pasta volgens die aanwysings op die pak en dreineer. Laat afkoel.
  2. Meng die res van die bestanddele by en hou eenkant.
  3. Mosterdsous Klits die water, suiker, eier, asyn en mosterdpoeier in ’n glasbak oor ’n kastrol met kookwater tot die sous net kook. Haal af en laat afkoel. Meng die jogurt deur.
  4. Meng die sous deur die slaai en verkoel tot nodig.

Gepiekelde koolslaai met mielies

$
0
0

Genoeg vir 8 mense
Bereiding 30 minute
Gaarmaaktyd 10 minute
Staantyd 1 uur

PIEKELMENGSEL
125 ml (½ k) witdruiwe-asyn
250 ml (1 k) water
15 ml (1 e) sout
SLAAI
½kopkool, in julienne-repies gesny
1 rooi-ui, in dun skyfies gesny
2-3 mielies
olyfolie
3 wortels, skoongeskraap en in julienne-repies gesny
1 brandrissie, gekap
groot hand vol sultanas
GROEN MAYONNAISE
20 g koljanderblare, gekap
10 g mentblare, gekap
1 knoffelhuisie, gekap
125 ml (½ k) mayonnaise van ’n goeie gehalte

  1. Piekelmengsel Meng die bestanddele vir die piekelmengsel en laat kook.
  2. Slaai Giet ¾ daarvan oor die kool en die res oor die ui. Laat staan sowat 1 uur tot afgekoel.
  3. Kook die mielies in ’n kastrol soutwater tot sag. Dreineer. Smeer met olyfolie en rooster vinnig op die kole tot effens geskroei. Sny die pitjies af.
  4. Dreineer die kool en uie en meng. Voeg die mielies, wortel, brandrissie en sultanas by.
  5. Groen mayonnaise Kap die koljander, ment en knoffel goed fyn in die voedselverwerker en meng die mayonnaise by. Meng die mayonnaise deur die koolmengsel.

Vyf slaaie vir Braaidag

$
0
0

Kerrie-koringslaai

Genoeg vir 6-8 mense
Bereiding: 15 min.
Gaarmaaktyd: 20 min.


Slaai
500 ml (2 k) stampkoring of gort
1 groen soetrissie, in blokkies gesny
1 rooi soetrissie, in blokkies gesny
4 stingeluie, gekap
2 stele seldery, gekap
50 g okkerneute, gekap
hand vol vars koljanderblare
Slaaisous
250 ml (1 k) natuurlike jogurt
45 ml (3 e) strooisuiker
10 ml (2 t) suurlemoensap
15 ml (1 e) geroosterde masala
10 ml (2 t) fyn komyn
sout en pas gemaalde swartpeper
koljanderblare vir oorsprinkel

  1. Slaai Kook die koring of gort volgens die aanwysings op die pak. Spoel af en dreineer.

  2. Meng die soetrissies, stingeluie, seldery en okkerneute deur die koring of gort en hou eenkant.

  3. Slaaisous Meng al die bestanddele

  4. Meng die sous deur die slaai, sprinkel die koljanderblare oor en sit voor.

Piesangslaai

Genoeg vir 4-6 mense
Bereiding: 20-30 minute
Gaarmaaktyd: 10 minute


20 ml (4 t) botter
3 uie, in ringe gesny
750 ml (3 k) kookwater
30 ml (2 e) koekmeel
30 ml (2 e) geroosterde kerriepoeier
5 ml (1 t) mosterdpoeier
125 ml (½ k) water
125 ml (½ k) witwynasyn
3 ml (ruim ½ t) sout
3 ml (ruim ½ t) peper
45 ml (3 e) bruinsuiker of 50 ml gouestroop
8 piesangs
2 hardgekookte eiers, in skywe gesny (opsioneel)

  1. Verhit die botter in ’n kastrol en braai die uie tot sag. Voeg die kookwater by.

  2. Meng die res van die bestanddele behalwe die piesangs en eiers, en voeg by die uie. Roer gedurig tot dit kook en effens verdik. Laat afkoel.

  3. Sny die piesangs in skyfies en voeg by sous.

  4. Hardgekookte eiers wat in skyfies gesny is, kan ook bygevoeg word.

Maklike aartappelslaai

GenoeG vir: 4-6 mense
Bereiding: 15 minute
Gaarmaaktyd: 30 minute


SLAAI
6 aartappels
3 hardgekookte eiers
1 ui
1 groen soetrissie, ontkern
5 ml (1 t) vars gemaalde
swartpeper
SOUS
60 ml (¼ k) olyfolie
15 ml (1 e) wit druiwe-asyn
5 ml (1 t) dille of tiemie

  1. SLAAI Kook die aartappels in soutwater gaar en trek die skille af.

  2. Sny al die bestanddele in kleiner stukke en geur goed met sout en peper. Plaas in ’n slaaibak en hou eenkant.

  3. SOUS Meng die olyfolie en asyn saam en giet oor die aartappels terwyl dit nog warm is.

  4. Meng liggies met ’n vurk en strooi die kruie oor die slaai.

  5. Plaas in yskas om af te koel.

Vyfboneslaai

Genoeg vir 6 mense
Bereiding: 15 minute
staantyd: 1 uur


SLAAISOUS
80 ml (¹∕³ k) olyfolie
30-45 ml (2-3 e) balsemieke asyn
15 ml (1 e) bruinsuiker
5 ml (1 t) sout
10 ml (2 t) heelkorrelmosterd
1 knoffelhuisie, fyn gedruk
1 bossie grasuie, fyn gekap
1 klein rooi ui, fyn gekap
SLAAI
4 blikke (410 g elk) vierbonemengsel, gedreineer
250 g groenbone, geblansjeer
1 groen soetrissie, ontkern en in klein blokkies gesny
1 pak (30 g) roket
1 wiel (30 g) fetakaas, in growwe stukke gebreek

  1. SLAAISOUS Meng al die bestanddele saam en hou eenkant.

  2. SLAAI Meng die bone en soetrissie. Giet die slaaisous oor. Laat minstens ’n uur staan.

  3. Plaas die roket in ’n bak, skep die bonemengsel bo-op en sprinkel die feta oor.

Pastaslaai met spek

Genoeg vir 6-8 mense
Bereiding: 30 minute
Gaarmaaktyd: 20-30 minute


500 g fusilli-pasta
20 g botter
2 uie, fyn gekap
3 knoffelhuisies, fyn gekap
4 tamaties, in skywe gesny
sout en peper na smaak
2 groen of rooi soetrissies, in blokkies gesny
500 g sampioenskyfies
500 g spekvleis, in blokkies gesny
250 ml (1 k) mayonnaise gemeng met 250 ml (1 k) natuurlike jogurt

  1. Kook die pasta, dreineer en spoel af onder koue water.

  2. Verhit die botter en braai die uie en helfte van die knoffel sag.

  3. Voeg die tamaties by en laat prut tot gaar. Geur met sout en peper. Plaas in ’n slaaibak.

  4. Braai die soetrissies in ’n bietjie botter tot dit begin verbruin en voeg by die tamatiemengsel.

  5. Braai die sampioene en die res van die knoffel tot gaar. Voeg by die bak slaai.

  6. Braai die spek tot gaar en skep in die slaaibak. Meng die pasta by en laat afkoel.

  7. Meng die mayonnaise en jogurt en roer by.


Vinnige pastaslaai

$
0
0

Die volmaakte maaltyd om te geniet terwyl jy buite ontspan.

GENOEG VIR 4 MENSE
Bereiding: 10 min.
Gaarmaak: 10 min.

250 g spiraalpasta
170 g blik tuna
½ ui, gekap
100 g kersietamaties, in skywe gesny
1 groen soetrissie, gekap
250 g mozzarellakaas, gerasper
’n hand vol basilie, gekap
Vinaigrette
’n hand vol pietersielie
’n hand vol basilie
5 ml (1 t) droë tiemie
2 knoffelhuisies, gekap
60 ml (¼ k) rooiwynasyn
5 ml (1 t) heuning
160 ml (⅔ k) olyfolie
sout en vars gemaalde peper

  1. Kook die pasta in ’n groot pot gesoute kookwater tot net sag en dreineer goed. Laat die pasta onder koue lopende water afkoel.
  2. Plaas die pasta en oorblywende bestanddele in ’n groot bak en meng.
  3. Vinaigrette: Meng die pietersielie, basilie, tiemie, knoffel, asyn en heuning in ’n verwerker en verwerk tot fyn. Terwyl jy dit verwerk, giet die olyfolie in ’n egalige stroom in tot goed ingemeng. Geur met die sout en vars gemaalde peper en bedruip oor die pasta.

Deur Hope Malau
Foto: David Briers

Thaise koeskoesslaai

$
0
0

GENOEG VIR 4-6 MENSE
Bereiding: 20 min.
Gaarmaak: 8-10 min.

10 ml (2 t) olyfolie
5 ml (1 t) botter
300 g babawortels, in kwarte gesny
300 g babamielies, in kwarte gesny
1 groen soetrissie, in blokkies gesny
1 rooi soetrissie, in blokkies gesny
sout en vars gemaalde swartpeper
375 ml (1½ k) koeskoes
15-30 ml (1-2 e) Thaise pesto
50 g kasjoeneute, grof gekap
SLAAISOUS
60 ml (¼ k) olyfolie
30 ml (2 e) ryswynasyn
15 ml (1 e) suiker of 20 ml (4 t) heuning
½ rooi brandrissie, fyn gekap (opsioneel)
15 ml (1 e) sesamsaad, gerooster

  1. Verhit die olyfolie en botter in ’n groot kleefwerende wok of pan en blitsbraai die wortels en mielies 3-5 min. Voeg die soetrissies by
  2. en roerbraai 1-2 min. Verwyder van die hitte en geur met die sout en peper.
  3. Berei die koeskoes volgens die aanwysings op die verpakking.
  4. Slaaisous Klits al die bestanddele saam en sit eenkant.
  5. Roer die groente, pesto en neute deur die koeskoes tot goed gemeng. Sit voor saam met die slaaisous.

Kool-en-appelslaai

$
0
0

Hier is ’n lekker manier om koolslaai op te kikker.

Bereiding: 30 min.
Genoeg vir 8-12 mense

½ pers kool, versnipper
½ kool, versnipper
3 appels
100 g dennepitte
200 g fetakaas, in blokkies gesny
50 g bosbessies
125 ml (½ k) mayonnaise
60 ml (¼ k) gewone jogurt
skil en sap van ½ suurlemoen
2 knoffelhuisies, fyngedruk
sout en peper

  1. Meng al die kool in ’n bak. Sny die appels in skywe en voeg dit by die kool.
    Rooster die dennepitte in ’n warm, droë pan tot goudkleurig. Verwyder en sit eenkant om af te koel. Wanneer afgekoel, voeg dit by die koolmengsel.
    Voeg die fetakaas en bosbessies by die koolmengsel. Meng die mayonnaise, jogurt, suurlemoenskil en -sap en knoffel in ’n bak. Geur met sout en peper.
    Bedek albei bakke en sit dit in die koelkas. Wanneer gereed vir voorsit, voeg die mayonnaise-mengsel by die koolmengsel en meng goed. Geur met ekstra sout en peper, indien nodig, en sit verkoel of teen kamertemperatuur voor.

Deur Hope Malau

Tuinpastaslaai

$
0
0

Maak hierdie vars tuinpasta met verskeie groen groentes. Sit dit voor as ’n ligte maaltyd of as ’n bykos.

Bereiding: 10 min.
Gaarmaak: 8 min.
Genoeg vir 6-8 mense

250 g pasta, soos penne, fusilli of farfalle
30 ml (2 e) olyfolie
60 ml (¼ k) gewone jogurt
skil van ’n suurlemoen
2 takkies kruisement, gekap
2 takkies koljander, gekap
2 takkies pietersielie, gekap
45 ml (3 e) vars grasuie, versnipper
sout en peper
100 g babaspinasieblare, gewas
50 g fetakaas, in blokkies gesny
100 g bevrore ertjies, ontdooi
150 g kersietamaties, gehalveer
150 g roket

  1. Kook die pasta 8 min. in ’n pot kokende soutwater. Verwyder van die hitte en dreineer. Meng 1 e olyfolie liggies in.
  2. Meng die jogurt, suurlemoenskil, kruisement, koljander, pietersielie en grasuie in ’n bak. Klits die oorblywende olyfolie in en geur met sout en peper. Sit eenkant in die koelkas tot nodig.
  3. Meng die pasta met die babaspinasieblare, fetakaas, ertjies, tamaties en roketblare.
  4. Net voor jy dit voorsit, meng die jogurtsous deur die slaai.
  5. Opsioneel: Voeg ham, hoender of tuna by vir ’n vullender maaltyd.

Deur Hope Malau

Biefstukslaai met chimichurrisous

$
0
0

Geskroeide biefstuk voorgesit oor slaai saam met ’n kruieagtige brandrissiesous.

GENOEG VIR 6 MENSE
Bereiding: 10 min.
Gaarmaak: 6 min.

CHIMICHURRISOUS
2 hande vol pietersielie
3 knoffelhuisies
½ rooi-ui
5 ml (1 t) droë origanum
2,5 ml (½ t) droë basilie
1 takkie roosmaryn
2,5 ml (½ t) brandrissievlokkies
45 ml (3 e) rooiwynasyn
45 ml (3 e) olyfolie
sout en vars gemaalde peper
BIEFSTUKSLAAI
500 g biefstuk, oopgevlek
60 ml (¼ k) olyfolie
1 pak gemengde babaslaaiblare (bronkors, spinasie en roket)
200 g kersietamaties, in ’n braaipan geskroei
80 g mozzarellaballe, geskeur

  1. Chimichurrisous Plaas al die bestanddele in ’n voedselverwerker en verwerk tot goed gemeng.
  2. Biefstukslaai Verhit ’n roosterpan oor matige hitte en bedek die biefstuk met olyfolie.
  3. Braai die biefstuk weerskante sowat 3 min. of tot jou smaak. Plaas die vleis op ’n plank en laat dit minstens 3 min. rus. Meng intussen die slaaiblare en tamaties.
  4. Sny die biefstuk teen die grein in skywe so dun moontlik.
  5. Sit die slaai bymekaar en voeg die repe biefstuk by. Bedruip met chimichurrisous.

Deur Hope Malau
Foto: Jacques Stander

Viewing all 67 articles
Browse latest View live


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>