Quantcast
Channel: Slaaie – Huisgenoot
Viewing all 67 articles
Browse latest View live

Rysslaai

$
0
0

Soek jy ’n maklike, vleislose resep? Stel dan hierdie een op die proef.
 
Genoeg vir 6 mense
Bereiding: 5 min.
Gaarmaak: 15 min.

1 rooi-ui, fyn gekap
2 knoffelhuisies, fyn gekap
15 ml (1 e) olyfolie
’n klont botter
1 rooi soetrissie, gekap
5 ml (1 t) komynsaad
2,5 ml (½ t) brandrissievlokkies
500 ml (2 k) basmatirys
650 ml groenteaftreksel, warm
400 g-blik nierbone, gedreineer en afgespoel
skil van 1 lemmetjie
’n hand vol vars koljanderblare, gekap
1 avokado, in skywe gesny

1.    Giet die olie in ’n kastrol en braai die ui, knoffel en botter oor lae hitte. Verhoog die hitte en voeg die komyn en brandrissie by. Braai 2 min. terwyl jy aanhoudend roer.
2.    Roer die rys in en meng dit goed met die ui. Giet die aftreksel in, bring tot prutpunt, bedek en laat prut 5 min. oor late hitte. Verwyder van die hitte en los 5 min. met die deksel op.
3.    Meng die nierbone, lemmetjieskil en koljander met ’n vurk deur. Laat heeltemal afkoel en sit voor bedek met skywe avokado.

Deur Hope Malau
Foto: Jacques Stander


Blomkoolslaai

$
0
0

Hierdie slaai is maklik, gesond en vullend.

GENOEG VIR 6 MENSE
Bereiding: 15 min.
 
2 koppe blomkool
½ komkommer, oorlangs gesny
4 sprietuie
2 tamaties
2 hande vol pietersielie, gekap
’n hand vol kruisementblare, gekap
sap van 1 suurlemoen
125 ml (½ k) olyfolie
sout en vars gemaalde peper

1.     Rasper al die blomkool in ’n groot bak. Ontsaad die komkommer en sny in skywe.
2.     Kap die uie en tamaties en meng met die pietersielie en kruisement.
3.     Voeg die suurlemoensap, olyfolie, sout en vars gemaalde peper by. Meng goed, proe en pas geursel en olyfolie aan. Sit voor.

Deur Hope Malau
Foto: Megan Miller

Slaai in ’n fles

$
0
0

Dit is net so maklik soos wat dit lyk.

Genoeg vir 1 mens
Bereiding: 5 min.
Gaarmaak: 8 min.

100 g pasta
30 ml (2 e) pesto
sout en vars gemaalde swartpeper
85 g babatamaties, gehalveer
50 g sagte mozzarella, in blokkies gesny
4 skywe ham
’n hand vol koljanderblare

Kook die pasta volgens die aanwysings op die verpakking. Dreineer, spoel onder koue water af om af te koel en dreineer goed. Meng met die pesto en geur na smaak met die sout en peper. Skep in ’n fles. Voeg dan die oorblywende bestanddele in lae by en eindig met die koljander.

Deur Hope Malau
Foto’s: David Briers

Aartappelslaai

$
0
0

Moeg van die gewone aartappelslaai met mayonnaise? Dan sal jy dol wees oor dié weergawe.

GENOEG VIR 6 MENSE
Bereiding: 10 min.
Gaarmaak: 35 min.

15 ml (1 e) olyfolie
8 baba-uie, gehalveer
100 g spek, gesny
15 ml (1 e) meel
15 ml (1 e) heelgraanmosterd
300 g baba-aartappels, gehalveer
500 ml (2 k) sider
100 g groenbone
2 murgpampoentjies, gesny
sout en vars gemaalde peper
100 g ertjies
hand vol pietersielie

1. Verhit die olyfolie in ’n pan en braai die uie 5 min. tot dit begin karamelliseer. Voeg die spek by. Braai 4 min. tot bruin, roer die meel en heelgraanmosterd by. Voeg die aartappels by en giet die sider oor.
2. Laat saggies met ’n deksel op 20 min. kook.
3. Voeg die groenbone en murgpampoentjies by. Kook 8 min. Geur met die sout en vars gemaalde peper en roer die ertjies en pietersielie by.

Spruitkoolslaai

$
0
0

Hierdie slaai is ’n interessante bykos vir wanneer jy ’n groot familie-ete hou.

GENOEG VIR 6 OF MEER MENSE
Bereiding: 15 min.
Gaarmaak: 1 uur

’n hand vol koljander, gekap
6 knoffelhuisies, fyn gekap
1 groen brandrissie, gekap
sout en vars gemaalde peper
45 ml (3 e) olie
1 kg binneboud-biefstuk
SLAAI
300 g spruitkool (Brusselse spruitjies)
60 ml (¼ k) olyfolie
10 baba-uie, in kwarte gesny
250 g spekvleisstukke
sout
60 ml (¼ k) songedroogde tamaties in olie, gedreineer en gekap

Voorverhit die oond tot 180 °C.
1. Meng die koljander, knoffel, brandrissie, sout, peper en olie in ’n bak. Bedek die beesvleis en rooster 1 uur. Haal uit die oond en plaas 15 min. eenkant. Bedek met tinfoelie voor jy dit sny.
2. Slaai Kook die spruitkool sowat 5 min. of tot sag in ’n groot pot kokende soutwater. Dreineer en druk droog. Sny die spruite middeldeur.
3. Verhit 2 eetlepels van die olie in ’n groot, diep pan. Voeg die uie by en braai sowat 10 min. oor matige lae hitte terwyl jy roer tot ligbruin. Skraap in ’n bak uit.
4. Voeg die oorblywende olie in die pan. Voeg die spruite met die snykant na onder en die spekvleis by. Geur met die sout en braai sowat 10 min. oor hoë hitte terwyl jy af en toe roer tot die spruite verbruin en sag is. Voeg die songedroogde tamaties by en braai sowat 5 min. terwyl jy roer tot warm. Geur met die sout, skep in ’n bak en sit voor.

Deur Hope Malau
Foto’s: Misha Jordaan

Blomkoolslaai

$
0
0

Blomkool is veelsydig. Hier word dit met Cajun-speserye gaargemaak en saam met versnipperde hoender voorgesit.

GENOEG VIR 4 MENSE
Bereiding: 5 min.
Gaarmaak: 15 min.

800 g blomkool
400 g keker-ertjies
60 ml (¼ k) olyfolie
15 ml (1 e) Cajun-speserye
growwe sout en vars gemaalde peper
¼ hoender, versnipper
2 avokado’s, gehalveer en geskil
’n hand vol koljander
1 suurlemoen, sap uitgedruk

Voorverhit die oond tot 200 °C.
1. Plaas die blomkool en keker-ertjies op twee groot bakplate wat met bakpapier uitgevoer is en bedruip met die olie. Bedek met die Cajun-speserye, sout en peper en meng deur. Bak 15 min. of tot goudbruin. Voeg die hoender by.
2. Plaas een avokado-helfte in ’n middelslag bak. Voeg die koljander en suurlemoensap by. Meng met ’n handmenger tot glad en romerig.
3. Bedek die blomkool en keker-ertjies met die oorblywende avokado. Bedruip met die romerige avokado-sous.

Deur Hope Malau
Foto’s: Megan Miller

Rysslaai

$
0
0

Hierdie groenteryke rysslaai is net die ding vir ’n vleislose dag.

Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 10 min.
Gaarmaak: Geen

Bestanddele

250 ml (1 k) gaar bruinrys
250 ml (1 k) rooi nierbone, gedreineer
2 sprietuie, in dun skywe gesny
120 g rooikool, versnipper
1 wortel, grof gerasper
100 g suikerertjies, in skywe gesny
SOUS
80 ml (⅓ k) mayonnaise
45 ml (3 e) melk
45 ml (3 e) water
15 ml (1 e) witwynasyn
1 knoffelhuisie, fyngedruk
2,5 ml (½ t) droë gemengde kruie
sout en peper

Metode

  1. Meng die rys, nierbone, sprietuie, kool, wortel en suikerertjies in ’n groot bak.
  2. Sous Klits al die bestanddele saam in ’n klein bak en bedruip die slaai daarmee.

Deur Hope Malau
Foto’s: Jacques Stander

Viewing all 67 articles
Browse latest View live


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>